Blog

Vierde Sondag n? Epifanie

Vierde Sondag n? Epifanie

Date: 2023-01-29

Matteus 5:1-12

Die saligsprekinge-die inleiding tot Jesus se Bergrede (Matt 5?7).Veral in die laaste drie dekades het die Bergrede ?n sleutelteks vir byna alle kerklike en teologiese tradisies geword. Dit is immers ?n teks wat uitnooi en afstoot, inspireer en repudieer, troos en ver-maan. Bo alles laat die Bergrede die vlam van hoop vir nuwemense in ?n nuwe wêreld brand.Die saligsprekinge vorm die inleiding tot die Bergrede.Reg aan die begin van sy preek maak Jesus dit duidelik dat geloof sonder navolging, vroomheid sonder dissipelskap nutteloos is. Die eintlike dinamiet van die saligsprekinge lê in die vreemde geluk wat belowe word aan mense wat ons nie juis as gelukkig beskounie. Die armes, treurendes, sagmoediges, vredemakers, mense wat terwille van Christus vervolg en beledig word; ja, diegene wat in die hoek sit waar die klappe uitgedeel word (Overduin). Hulle is volgens Jesus die werklik gelukkiges, die geseëndes.Volgens Ulrich Luz (myns insiens ?n onontbeerlike bron vir predikers) is die saligsprekinge oorspronklik gerig aan geloofsge-meenskappe wat vervolging (dalk onder Domitianus) verduur het. Hierdie beloftes is dus nie sonder meer aan almal gerig nie. Dit is beloftes van seën en heil aan dissipels van Christus wat terwille van Hom en sy geregtigheid lyding en vervolging moes verduur.David Kelsey merk op dat elk van die saligsprekinge dieselfde struktuur vertoon. ?n Bepaalde persoon word geseënd genoem omdat die Here iets spesiaal aan elkeen van hulle beloof: die koninkryk van die hemel, vertroosting, die nuwe aarde, barm-hartigheid, om God te sien, en so meer.Die 2020-vertaling van die woord makarioi met ?gelukkig? is waarskynlik nie heeltemal in die kol nie. Ook die Engelse ?happy? verreken nie genoegsaam die konteks van dié perikoop nie. Ons koppel geluk gewoonlik aan ?n soort euforie: Jy is gelukkig dat jy so gesond is ? Luz, Betz, Carson, Patte en andere verkies om makarioi met ?geseënd? te vertaal. Die mense van Matteus 5 is juis nie gelukkig in ons sin van die woord nie. Hulle treur, hulle word beledig, hulle is arm van gees; met ander woorde, hulle het min selfvertroue (Kelsey). Hulle geluk lê nie in hul eie potensiaal of positiewe denke nie, maar in die seën wat God aan hulle skenk omdat hulle volgens sy wil leef.