Blog
Derde Sondag na Epifanie
Derde Sondag na Epifanie
Matteus 4 12:23 (AFR83)
Epifanie - Hierdie teks word gepreek op die derde Son-dag na Epifanie. Alhoewel Epifanie in veral die Gereformeerde tradisie minder bekend is, moet ons besef die woord epifanie is afkom-stig van die Latynse woord epiphanie en die Griekse woorde epiphaneia en theophaneia. Hierdie woorde verwys na God wat in Jesus as Immanuel, God met ons, verskyn het (Matt 1:23).
Nou kan ons fokus op Jesus se bediening wat met sy doop begin het.
Simboliek In Epifanie is lig (kers, ster van Betlehem) 'n belangrike simbool. Dit kan nie uitgedoof word nie. So ook water wat lewe gee en die roeping om vir ander mense tot seën te wees. Dit alles bring uitbundige vreugde. Die kleur wit is prominent en word soms met goud geïntegreer om fokus te plaas op die wyse manne se geskenke waarmee hulle God verheerlik het. Groen word ook gebruik om groei, verandering, vooruitgang, lewe en die kerk se uitreik na die wêreld te simboliseer.
Die gebruik van simboliek help om mense wie se geestesgesondheid ernstig geknou is te verbind aan wat hulle ken (verlede), maar terselfdertyd help dit hulle ook om die toekoms positief te omarm (AJ Small). Ons teks is ideaal om vroeg in Januarie, met behulp van die simbole kerse, wit en groen, gepreek te word. Dit plaas klem op Jesus wat as lig (Messias, kers) vir die wêreld gekom het (Jes 8:23-9:2). As die volk wat in duisternis (sonde) woon in Hom glo en sy redding aanvaar (wit), dan stuur Hy hulle as sy dissipels (groen) na 'n wêreld wat verlore gaan.