Blog

2016
All
Desember

Sesde week in Lydenstyd

Sesde week in Lydenstyd

Date: 2019-04-14

Psalm 118 : 1-2, 19-29

Die Skrifgedeelte beklemtoon verskillende aspekte.

'n Oproep(v 1-2) - eers algemeen, dan aan Israel- om die Here te loof vir sy eindlose liefde. Die psalm eindig met dieselfde woorde(v 29). 'n Versoek om die tempelpoort oop te maak om die Here te loof (v 19-21). Dit is die poort na die Here toe, vir die regverdige (v20)

Die bidder wil die Here loof omdat die Here sy gebed verhoor het (v21). Vers 22-27 beklemtoon: (i) die Here se goedheid; (ii) die bidder se pleidooi om redding en (iii) sy aansporing om die Here te prys met die wuif van takke.