Blog

Tweede week in Paastyd

Tweede week in Paastyd

Date: 2019-04-28

Handelinge 5 : 27 - 32

Die Joodse Raad is ontsteld omdat die apostels Jesus se opstanding verkondig. Dit druis in teen hulle leer wat die bestaan van ’n geestelike wêreld en daarom ook die Gees ontken. Op hierdie aanklagte antwoord Petrus bloot dat ’n mens eerder aan God as aan mense gehoorsaam moet wees. Hy is die Verlosser. Verlossing word moontlik vir almal-selfs vir dié wat Jesus gekruisig het. Die apostels se verkondiging is hulle getuienis van dinge wat hulle waargeneem het. Onder meer is hulle vervul met die Heilige Gees. Daarvan getuig hulle, in opdrag van Christus, in medewerking met die Gees.