Blog

Vierde week in Paastyd

Vierde week in Paastyd

Date: 2019-05-12

Handelinge 9: 36-43

Diè verhaal vertel van geloof, liefde en hoop. Ons kan dit lees as ’n wonderverhaal wat die apostel Petrus se geloof demonstreer en wat daartoe gelei het dat baie tot geloof in Jesus gekom het. Ons leees hier ook die verhaal van ’n volgeling van Jesus wat liefdesdiens beoefen het. Sy het so geliefd geword dat die gemeente nie kans gesien het om sonder haar te wees nie en vir Petrus laat roep om hulle te help. Die gemeente het gehoop Petrus kon wel iets vir hulle doen.