Blog

Vyfde week in Paastyd

Vyfde week in Paastyd

Date: 2019-05-19

Handelinge 11: 1-18

Kornelius se bekering in hoofstuk 10 is ’n kernelement van die Handelinge-boodskap. Dit onderstreep die sentrale uitdaging van die vroeë kerk, naamlik of die goeie boodskap vir alle mense bedoel is en, indien wel, wat die implikasies daarvan vir die verkondiging van die evangelie is. Die hele Handelinge 10: 1—11: 18 is ter sprake vir die prediking van 11: 1—18. Petrus se verantwoording in 11: 1– 18 behels hoofsaaklik ’n herhaling van die gebeure waarvan hoofstuk 10 vertel. Petrus se verslag aan die Jerusalem Gemeente oor die bekering van Kornelius, is ten diepste ’n verslag oor sy eie bekering.