Blog

Triniteitsondag

Triniteitsondag

Date: 2019-06-16

Johannes 16 : 12-15

Jesus se afskeidsgesprek met sy dissipels beweeg einde toe. Jesus wil nog baie insigte en leringe met sy binnekring deel, maar Hy besef hulle kan nie die betekenis daarvan in hierdie stadium begryp nie. Jesus herinner hulle daarom aan sy belofte in Johannes 14 : 16 aangaande die Voorspraak wat Hy van die Vader tot hulle beskikking sal vra, die Heilige Gees. In Johannes 14 leer Jesus dat die Gees altyd by hulle sal wees.

Nou (Joh 16) verwys Jesus na die Gees van die waarheid en beklemtoon die werk van die Gees in hulle. Die Gees sal hulle in die volle waarheid lei. (v 13).