Blog

Sewende week in Koninkrykstyd

Sewende week in Koninkrykstyd

Date: 2019-07-21

Amos 8 : 1-12

Die boek Amos bestaan uit orakels (1:2-6:14), asook eerstepersoonvertellinhgs oor gesigte (7:1-9; 8:1-3) ‘ derdepersoonsnarratief (7:10-17) en poëtiese orakels (8:4-14; 9:7-15) Die finale vorm van die boek is die produk van byvoegings en interpretasies. Amos 8:1-12 dek die vierde gesig wat Amos ontvang het. In die eerste twee gesigte (7:1-6) het Amos ingetree en God het van sy voorneme afgesien om Israel te straf. In die derde en die vierde gesigte het God egter nie van sy oordeel afgesien nie. Die perikoop sluit nie die twee laaste verse van die hoofstuk in nie. Dit lyk na ’n vreemde indeling.