Blog

Sewende week in Koninkrykstyd:

Sewende week in Koninkrykstyd:

Date: 2019-07-28

Hosea 1 : 2-10

Hosea se metafore beskryf die intieme verhouding tussen Israel en God met ’n ongekende emosionele intensiteit, soveel te meer omdat die profeet hierdie metafore in sy huwelik met Gomer moet lyf gee.

God aanvaar nié Israel se hoereerdery gelate nie én Hy laat hulle ook nie begaan nie. God skei nie van hulle nie. Ten spyte van hul ontrou, bly God getrou aan sy liefdesverbond.