Blog

Elfde week in Koninkrykstyd

Elfde week in Koninkrykstyd

Date: 2019-08-25

Hebreërs 12: 18-29

Hebreërs 12 moedig gelowiges aan om te volhard in hul verhouding met God. Dit word met ’n wedloop vergelyk

(v 1-3) wat tot ’n alternatiewe lewenswyse lei(v 4-17).

Vers 18 en verder gee redes hiervoor. Vers 18-19 sluit aan by Deuternomium 4 : 11-12 oor Moses se ontmoeting met God by Sinai(Eks 19:19). Toe het die berg gebrand en ’n rookwolk het alles donker gemaak. Daar was donderslae, weerligstrale en die geblaas van ramshorings. Vers 20 noem dat selfs ’n dier wat aan die berg raak, met klippe doodgegooi moes word(Eks 19:12-13). Hierdie gebeure het die Israeliete laat smeek om nie meer self met God te praat nie. Selfs Moses sidder van angs (Heb.