Blog

Tiende week in Koninkrykstyd

Tiende week in Koninkrykstyd

Date: 2019-08-18

Hebreërs 11:29-12:2

Nadat die skrywer by die geloof van veral Abraham en Moses stilgestaan het, maak hy ’n lys van gelowiges uit Israel se geskiedenis. Aanvanklik is dit ’n lys van mense wat deur geloof “oorwin” het, maar dan word dit ’n lys van gelowiges wat as gevolg van hul geloof gely het. Die skrywer se slotsom is dat al hierdie gelowiges tog nie gekry het waarop hulle gehoop het nie(hulle het gesterwe voor Christus se verskyning). Hiermee sinspeel hy daarop dat die lesers(wat Jesus as Christus gevind het) wel gekry het waarop daardie gelowiges gehoop het.