Blog

Dertiende week in Koninkrykstyd

Dertiende week in Koninkrykstyd

Date: 2019-09-15

Filemon vers 1-21

Filemon is ‘n persoonlike brief van Paulus(en Timoteus) aan Filemon, ’n medewerker in Kolosse. Paulus begin sy brief met ’n breedvoerige getuienis wat hy oor Filemon se liefde en geloof gehoor het. Op grond van wat Paulus oor Filemon hoor, spreek hy sy hoop uit dat Filemon vir Onesi-mus, sy slaaf, in die liefde van Christus terug sal verwelkom. Dit blyk dat Onesimus om die een of ander rede gevlug, Paulus in die tronk in Rome ontmoet en daar tot bekering gekom het. Paulus stuur Onesimus terug na Filemon om die gebroke verhouding te herstel.