Blog

Vyftiende week in Koninkrykstyd

Vyftiende week in Koninkrykstyd

Date: 2019-09-22

Lukas 16 : 1 - 13

Die verrasende elemet van hierdie gelykenis is dat die oneerlike bestuurder geprys word! Eers het hy sy taak as bestuurder misbruik deur die ryk man se geld te verkwis, dan klink dit of hy met die skuldenaars se rekeninge knoei. Die hoorders van die gelykenis het sekerlik almal geweet hy het verkeerd gedoen. Waarom word hy dan geprys? Kan dit wees dat toe hy besef sy dag van efrekening gaan aanbreek, hy ten minste ‘n plan gemaak het daarom te kan oorleef(vgl. Luk. 12:58)? Die gedeelte sluit nog riglyne oor rentmeesterskap in –Is ons hoogste lojaliteit werklik by God of dalk tog eerder by geld(v13)