Blog

2de Week in Advent

2de Week in Advent

Date: 2019-12-08

Romeine 15 : 4 –13

Paulus begin in Romeine 1 sy argument oor die Messias wat kom soos die profete voorspel het. In Romeine 15 : 4 argumenteer hy dat alles wat in die Skrif opgeteken is, standvastig en betroubaar is en dat dit daar staan sodat gelowiges kan leer. Hy moedig hulle aan om meer soos Christus te word en agter Hom aan te loop. Die fokus val verder daarop dat dit die samewerking van ‘n hele geloofsgemeenskap verg om meer soos Christus te word. Ons moet die mense word wat weerspieël wat Christus in sy tyd op aarde gedoen het: Hy het almal in sy teenwoordigheid aanvaar.