Blog

Drie-en-Twintigste week in Koninkrykstyd

Drie-en-Twintigste week in Koninkrykstyd

Date: 2019-11-22

2 Tessalonisense 3:6-13

Daar was gelowiges in Tessalonika wat nie gewerk het nie en skaamteloos ander se brood geëet het. Vir Paulus was dit onvaanvaarbaar. Paulus en sy medewerkers se voorbeeld en getuienis pas by hul woord. Hulle het hulsef ordelik gedra (die teenoorgestelde van “leeglê”), hoewel dit nie van apostels verwag is nie. Hulle het vasgestelde pligte gehad. Paulus het volgens menings sy tentmakery hier bedryf om geld in te win. Jode was boonop van die oortuiging dat die enigste werk wat “edel” en die moeite werd is, “geestelike” werk is. Sekulêre werk is as minder belangrik geag.