Blog

2de Week na Epifanie

2de Week na Epifanie

Date: 2020-01-17
1 Korintiërs 1:1-9

In die Korintiërs-korrespondensie fokus Paulus op die krississe wat in sy afwesigheid in die gemeente in Korinte ontstaan het. Die inleiding en groet van die brief lei baie temas en sake in en wil atmosfeer skep. In Paulus se openingswoorde ontdek ons God oral: God se kerk, God se apostel, God se getrouheid. Te midde van mesnlike onenigheid en konflik herinner hy hulle aan die bron van alles, naamlik God se openbaring in Jesus Christus. Paulus bemoedig hulle deur hulle te verseker dat God se getrouheid groter as hulle ontrou is.