Blog

3 de Week na Epifanie

3 de Week na Epifanie

Date: 2020-01-26

1 Korintiërs 1:10-18

Toe Jesus as mens geleef, geleer en wondertekens gedoen het, het God Homself aan mense bekend gemaak (vgl. Joh. 1:14 en Heb. 1:2-3) Dit was die Epifanie (vgl. Tit. 2 :11 en 3:4) God het in Jesus verskyn! Waar sal mense in ons tyd iets van God kan sien of leer? In die kerk lees ons die Bybel, maar wat lees mense buite die kerk? Kan hulle na die kerk(Christene) kyk en iets van God se lig sien? In 1 Korintiërs 1:10—18 pleit Paulus by die gemeente om eensgesind te wees. Wanneer volgelinge van Jesus onder mekaar eensgesind is, verskyn daar iets van God aan alle mense.