Blog

5 de Week na Epifanie

5 de Week na Epifanie

Date: 2020-02-07

1 Korintiërs 2 : 1—12 (13-16)1 Paulus kies om eenvoudig oor Jesus as die gekruisigde met die Korintiërs te praat. Hy vertrou nie op sy redeneringsvermoë nie, maar op die leiding van die Heilige Gees. Paulus maak dit baie duidelik dat Christus se verlossing vir alle mense bestem is. Wat God deur sy Seun en die Heilige Gees gedoen het, gaan ons menslike verstand te bowe. Ons geloof in Christus, deur die Gees, laat ons voldoende weet wat nodig is om verlos te word. Indien iemand egter nie die boodskap van God aanvaar nie, is dit vir daardie persoon onmoontlik daarom te begryp.