Blog

4 de Week na Epifanie

4 de Week na Epifanie

Date: 2020-02-02

1 Korintiërs 1 : 18—31

Na Paulus se aanvanklike begroeting(1:1-9) en sy vermaning dat die gemeente in Korinte eensgesind moet wees(1: 10-17), skryf hy dat die “woord van die kruis” onsin is vir die wat verlore gaan, maar dat dit vir gelowiges die “krag van God” is. Die feit dat Paulus die leër wat hy verkondig, die “woord van die kruis” noem, wys dat Christus se kruisdood vir hom die kern van die evangelieis. Paulus se toelogie is ‘’n teologie van die kruis(theologia crucis), wat begin by en voortdurend terugkeer na Christus se vernedering, marteling en dood op Golgota ter wille van ons.