Blog
Vier-en-Twintigste Week in Koninkrykstyd
Vier-en-Twintigste Week in Koninkrykstyd
Date: 2018-11-03
Hebreërs 9 : 11—14
Die tema van Hebreërs 9 is ’n “voortreflike erediens”.
Hebreërs konstrateer die erediens onder die ou verbond met diè onder die nuwe verbond. Die aanloop (9: 1-10)
tipeer die Ou-Testamentiese erediens. Hierteenoor gee
9: 11-22 twee redes waarom die Nuwe-Testamentiese erediens uitnemender as die oue is en 9:23-28 beklemtoon die volmaaktheid en uniekheid van die erediens onder die nuwe verbond. Hebreërs 9 beskryf Jesus se diens as voortrefliker omdat dit ewige verlossing bring.