Blog

Drie-en-Twintigste Week in Koninkrykstyd.

Drie-en-Twintigste Week in Koninkrykstyd.

Date: 2018-10-24

Markus 10 : 46-52

Jesus ontmoet die blinde bedelaar Bartimeus in Jerigo.

Bartimeus het gehoor Jesus gaan by hom verby. Hy het Jesus aangespreek as “Seun van Dawid” en het gepleit vir Jesus se ontferming.

Jesus het gaan staan, Bartimeus nader geroep en gevra wat Hy vir hom kan doen. Bartimeus se behoefte was om te sien. Jesus het Bartimeus genees en hom weggestuur met die woorde: “ jou geloof het jou gered” (v 52)