Blog

7 de Week na Epifanie

7 de Week na Epifanie

Date: 2020-02-23

EksodusEksodusEksodus 24: 12-18

Eksodus 24 beskryf ontmoetingsmomente tussen die leiers van Israel en God. Die eerste agt verse vertel hoe Moses, Aäron, Nadab,Abihu en 70 ander die berg opgeklim het vir die verbondsluiting. In vers 9-11 is dit dieselfde leiers wat, merkwaardig, God “sien” en in sy teenwoordigheid eet en drink. Vers 12—18 beskryf ‘n tipiese teofanie(godsverskyning) van ‘n wolk en vuur en Moses in die teenwoordigheid van die Here. Hoofstuk 24 is ‘n tipe oorgang tussen twee hoofgedeeltes in Eksodus, naamlik die verhaal van die uittog en van die verbondsluiting en bou van die tabernakel. Die magtige teenwoordigheid van die Here of die heerlikheid van die Here (1953 vertaling) is sentraal in die perikoop.