Blog

1ste Week in Lydenstyd

1ste Week in Lydenstyd

Date: 2020-03-01

Genesis 2: 15-17; 3:1-7

Lees Genesis 2:15-17 en 3:1-7 saam met die week se gedeeltes uit Matteus, Romeine en Psalms. Die eerste deurlopende lyn is dat daar ‘n diep en blywende breuk tussen ons mense en God gekom het. Hierdie breuk gaan vêr terug. Dit wat tussen ons voorgeslagte en God skeefgeloop het, het ook ons erfporsie geword. Die tweede lyn deur hierdie Skrifgedeeltes is dat die breuk herstel kan word. God roep na die mens. Die Psalmdigter leer ons van sondebelydenis en vergifnis. Paulus getuig van genade en vryspraak. Die geheim hiervan is die gehoorsaamheid aan Jesus, die Seun van God.