Blog

Paassondag

Paassondag

Date: 2020-04-12

Johannes 20: 1-18

Die Johannes-evangelie vertel van Jesus se opstanding in twee narratiewe (Joh. 20 en 21), met drie verhale in chronologiese orde. Vers 1-18, Sondagoggend: die leë graf en Jesus se verskyning aan Maria Magdalena. Vers 19-23, Sondagaand: Jesus verskyn aan die dissipels (sonder Tomas) Vers 24-31, Jesus verskryn aan Tomas en die dissipels. Johannes 20: 1-18 het drie dele: (1) vers 1-2: inleiding; (2) vers 3-10: die leë graf; (3) vers 11-18: Jesus se verskyning aan Maria Magdalena. Die eerste besoek aan Jesus se graf is vroeg die oggend op die eerste dag van die week, terwyl dit nog donker was.