Blog

6de Week in Lydenstyd

6de Week in Lydenstyd

Date: 2020-04-05

Matteus 26 : 14-27:66

Matteus vertel hoe dit gebeur het dat Jesus gevange geneem is, deur die Joodse Raad veroordeel is, voor Pilatus aangekla is, deur hom uitgelewer is om deur soldate gekruisig te word, aan die kruis gesterf het en begrawe is. Die dissipels tree vreemd en vreesagtig op. Judas verraai Jesus, die dissipels slaap wanneer Jesus hulle nodig het. Dan vlug hulle en Petrus verloën Hom. Dit lyk of die vroue wat Hom gevolg het, naby Hom probeer bly het. Ander volgelinge het Hom begrawe. Jesus voltooi sy pad van vernedering. Hy gee sy liggaam en sy bloed. Hy drink die lydensbeker. Hy bly gehoorsaam tot in die dood an die kruis.