Blog

Vierde week in Paastyd

Vierde week in Paastyd

Date: 2020-05-03

1 Petrus 1 : 17-23

Kort na die aanhef van die eerste brief van Petrus— “aan die..... Vreemdelinge in die wêreld, wat verspreid woon” (1:1) - stel die skrywer dit treffend dat God hierdie einste verstrooide vreemdelinge se Vader is ( 1 : 17) Alles wat hierop volg, gaan eintlik terug na dié beeld—dat God hulle Vader is. In die fokusteks volg twee opdragte direk uit hierdie intieme gesinsmetafoor, naamlik dat hulle met eerbied en ontsag teenoor God moet leef (v 17) en dat hulle mekaar innig en opreg moet liefhê (v 22).