Blog

Vyfde week in Paastyd

Vyfde week in Paastyd

Date: 2020-05-10

Psalm 118:22

Vir die vroeë kerk was die Jesus-verhaal die bevestiging van die goeie nuus dat God juis diegene kies wat deur mense verwerp word. Dit hoor ons in die vyf keer wat Psalm 118:22 in die Nuwe Testament aangehaal word. Jesus is wel deur mense verwerp en gekruisig, maar sy opwekking bewys dat Hy as die belangrikste Een deur God verhef is. Volgens Petrus doen God dit weer en weer wanneer Hy mense deur Jesus Christus verlos: Mense wat geen volk was nie, wat geen ontferming ontvang het nie, word deur God verkies tot ’n uitverkore geslag, ’n koninklike priesterdom, ’n volk wat aan God behoort.