Blog

Tiende week in Koninkrykstyd

Tiende week in Koninkrykstyd

Date: 2020-08-09

Genesis 37 : 1-4, 12-28

Ons hoor in die verhaal van Josef iets van God se betrokkenheid by ons lewe en by die geskiedenis van die wêreld. Hoewel God se naam maar net twee maal pertinent genoem word, wys die verhaal daarop dat God by ons betrokke is in die alledaagse keuses en handelinge van gewone mense. Hy is by ons in ons vreugde én teëspoed.

Wanneer Josef na sy broers gaan, neem hulle sy kleed(’n simbool van sy verwaandheid?) weg en gooi hom in die put. Josef word as slaaf verkoop.

Die antwoord op sy drome en lyding kom eers jare later.