Blog

Ngende week in Koninkrykstyd

Ngende week in Koninkrykstyd

Date: 2020-08-02

Genesis 32:22-31

Jakob is op weg om Esau te ontmoet, maar verwag eintlik om Esau as vyand te ontmoet. By hulle laaste ontmoeting het Jakob die seën wat vir Esau bedoel was, met ‘n slenter ges-teel.

Jakob stuur sy familie en besittings vooruit en bly alleen agter. In hierdie oomblik van alleen-heid in die donker sal Jakob God se bes-kerming benodig, maar ontvang dit oënskynlik nie, ten minste nie in die algemene betekenis van beskerming nie.

Die teks verskuil met opset die indentiteit van die “man”. Wie is hierdie man wat Jakob in sy eensaamheid in die donker aanval?