Blog
Twaalfde week in Koninkrykstyd
Twaalfde week in Koninkrykstyd
Date: 2020-08-23
Psalm 124
Psalm 124 is een van die pelgrimsliedere wat deur die mense gesing is wanneer hulle tydens groot feeste na die tempel opgaan. Die Psalm skets ’n moontlike scenario wat hom sou kon afspeel: As die Here ons nie gehelp het nie” (Direkte Vertaling: “As die Here nie vir ons was nie”) Die diep oortuiging dat God die Redder en Skepper is, kom deur die hele Psalm voor en word met dank bely. Die Psalm is ‘n voorbeeld van gemeenskaplike danksegging deur ‘n groep wat met daardie woorde hulle gedeelde identiteit en verlossing te kenne gee.