Blog

Dertiende week in Koninkrykstyd

Dertiende week in Koninkrykstyd

Date: 2020-08-30

Matteus 16 : 21-28

Gedurende die weke van die Lydenstyd gee ons aan Jesus se lydensweg en kruisiging aandag.

Daarna word Jesus se kruisiging nie minder belangrik nie. Ook gedurende Koninkrykstyd, met ander woorde, in ons daaglikse lewe, volg en dien ons die gekruisigde Jesus. Jesus se dissipels moes leer dat hulle verwagting van ’n triomferende Messias foutief was, want Jesus se sending sou deur lyding en dood voltooi word. Vir hulle het dit ’n totale herorïentasie beteken. Hulle verwagting van trone en krone moes plek maak vir selfverloëning en swaarkry.

Hulle moes leer wat dit beteken om alles ter wille van Jesus op te offer.