Blog

Vyfde week in Lydenstyd

Vyfde week in Lydenstyd

Date: 2021-03-21

Hebreërs 5 : 5-10

Die Hebreërboek word beskryf as ‘n homolie of preek wat gelowiges in moeilike omstandighede wou aanmoedig tot geloofsvolharding. Die uitnemendheid van Jesus die Christus word voorgehou deur die stylfiguur van tipologie, waarvolgens Ou-Testamentiese figure of gebeure beskou word as heenwysings of vooruitskouings van Christus, maar Christus is “hoeveel te meer”. Binne hiedie argument is Jesus die Hoëpriester wat eenmalig ingetree het vir ons. Hy is uit die priesterlyn van Melgisedek, van wie ons in Genesis lees. Melgisedek is egter ‘n vooruitskouing of heenwysing na Jesus aan wie ons die ewige verlossing te danke het