Blog

Paassondag

Paassondag

Date: 2021-04-04

Handelinge 10 : 34 – 43

Handelinge 9 vertel van die Fariseër Paulus se bekering op pad na Damaskus. Handelinge 10 vertel van die apostel Petrus se bekering voordat hy die pad na die nie-Jood Kornelius se huis aanpak (én van die bekering van laasgenoemde en sy huisgesin). Handelinge 11 vertel van die bekering van die Joodse Jerusalem-gemeente voordat hulle oor die wêreld heen verstrooi word om alle mense in ‘n verhouding met God in te nooi.