Blog
Tweede week in Paastyd
Tweede week in Paastyd
Date: 2021-04-11
Handelinge 4 : 32 – 35
Na Jesus se Hemelvaart en die uitstorting van die Heilige Gees verskuif die fokus in Handelinge na hierdie nuwe gemeenskap van gelowiges. In Handelinge 3—5 is baie verwysings na die Ou Testament oor die Here se teenwoordigheid. In die verlede is die Here se teenwoordigheid aan die tempel gekoppel, maar met die uitstorting van die Heilige Gees is God nou in gelowiges teenwoordig. As tempels van die Heilige Gees word gelowiges ‘n toonbeeld van God se nuwe wêreld. Die beloftes van die Ou Testament is hiermee vervul en ‘n nuwe, diverse familie strek oor die hele aarde.