Blog

Vyfde week na Epifanie

Vyfde week na Epifanie

Date: 2019-02-10

Lukas 5 : 1-11

Eers die Woord, dan die wonder: Eers gebruik Jesus Petrus se visserskuit as preekstoel om die Woord te bring; daarna word dit die voertuig vir ‘n wonderbaarlike vangs wat die nette amper laat skeur. ‘n Selfs groter Godswonder gebeur egter hier.

Die vorming van ‘n nuwe identiteit begin hier vir Petrus, Jakobus en Johannes-hulle word volgelinge” van Jesus!