Blog

19de Week in Koninkrykstyd

19de Week in Koninkrykstyd

Date: 2021-10-03

Markus 10: 2-16

Ons is geneig om tekste te lees vanuit ons eie perspektief en moontlik in dié geval ook ons perspektief op die huwelik. In Jesus se interaksie met Joodse leiers en sy eie dissipels daag Hy voortdurend die norme van daardie tyd uit. Binne ‘n patriagale samelewing was vroue en kinders die geringstes en kon maklik uitgebuit word. In huwelike was voruens bloot besittings. ‘n Man kon van sy vrou skei met min rede. In ‘n samelewing waar eer en skande die waardes van die samelewing onderllê het, is kinders as randfigure behandel. Jesus daag sy gespreksgenote uit oor wie waardig is.