Blog

20ste Week in Koninkrykstyd

20ste Week in Koninkrykstyd

Date: 2021-10-10

Markus 10: 17-31

Hierdie teks is in die middel van Markus en vorm deel van die verhaal wat Jesus volg op pad na sy eindbestemming in Jerusalem, as hoogtepunt van die reis. In hierdie gedeelte konfronteer Jesus die dissipels oor hulle verwagting van wie die Messias behoort te wees. Keer op keer probeer Jesus aan hulle verduidelik dat die Messias moet ly en sterf as dienskneg van mense en dat Hy nie die militêre leier is wat hulle verwag het nie. Jesus kom nie met die geweld en mag nie, maar bring waardes van opoffering en diensbaarheid, wat die dissipels verwar het.