Blog

4de Week in Lydenstyd

4de Week in Lydenstyd

Date: 2022-03-27

Joshua: 9—12

Die Israeliete is op die punt om die Beloofde Land in te neem. Hulle noem die eerste plek waar hulle kamp opslaan Gilgal. “Gilgal” klink soos die Hebreeuse woord wat “ek het afgerol of weggerol” of “ek het bevry” beteken. By hierdie nuwe begin vier hulle die pasga as herinnering aan hulle identiteit én die bevryding uit Egipte. Dit is die vernuwing van ‘n ou gebruik wat ‘n nuwe betekenis in die Beloofde Land aanneem. Ons sien ook dat God nou op nuwe maniere aan hulle voorsien. Tot nou toe het Hy hulle van manna voorsien, voortaan kan hulle van die land leef.