Blog

5de Week in Lydenstyd

5de Week in Lydenstyd

Date: 2022-04-03

Johannes 12: 1—8

Die Johannes evangelie fokus op Jesus as Persoon en sy optrede. Dit is deur Jesus se leer en lewe dat Hy iets van God se koninkryk op aarde bekendmaak. In die hart van hierdie Evangelie lê die genesing van Lasarus. Dit is juis hierdie won-derwerk wat die skrifgeleerdes laat begin saamsweer om Jesus om die lewe te bring. Hulle, tesame met ander, is so vasgevang in hierdie komplot teen Jesus dat hulle nie besef Hy is werklik God wat mens geword het nie.