Blog

6de Week in Lydenstyd

6de Week in Lydenstyd

Date: 2022-04-10

Lukas 19 : 28—40

Volgens navorsing het duisende mense vir die pasgavierings Jerusalem toe gegaaan. Dit was vir die Romeine ‘n moeilike tyd, want daar was altyd ‘n kans dat ‘n oproer of geweld sou uitbreek. Daarom het die weermag ook ‘n groot optog gehou om hulle mag te demonstreer. Hier was moontlik dus twee optogte: Jesus kom uit die ooste op ’n donkievul en die Romeine uit die weste met perde en soldate. Vir Jesus roep die skare die woorde uit Psalm 118:26 “Geseënd is die Koning. Hy wat kom in die Naam van die Here” (Luk 19:38) Die nederige mag van Jesus wysvooruit na die res van die gebeure waartydens Hy gekruisig sal word.