Blog

Die week na Paassondag

Die week na Paassondag

Date: 2022-04-17

1 Korintiërs 15: 19-26

Die Korintiërs sukkel om die opstanding te verstaan en hulle verwerp die idee van ‘n liggaamlike opstanding. Volgens hulle is daar ‘n skeiding tussen liggaam en siel (gees) Sokrates het die Grieke laat glo dat dit nodig is om ontslae te raak van die liggaamlike “tronk” wat die siel gevange hou. Paulus probeer verduidelik dat ons hele menswees—liggaam én siel– reeds opgestaan het en nou al die heerlikheid van ‘n geestelike lewe en geestelike gawes beleef. Paulus gebruik stylfigure soos oordrywing en metafore en steun op die antieke tradisies sodat die Korintiërs by sy brief aanklank sal vind.