Blog

6de Week in Koninkrykstyd

6de Week in Koninkrykstyd

Date: 2022-07-17

Lukas 10 : 38 –42

Dié verhaal oor Marta en Maria is baie bekend, maar word dikwels afgewater deurdat ons dit bloot lees as ‘n beskrywing van twee uiteenlopende spiritualiteite: Marta is aktief en Maria kontemplatief. Dit blyk dat Jesus voorkeur aan laasgenoemde gee, terwyl Hy vir Marta teregwys. Hier gaan dit egter in die eerste plek oor Jesus wat weereens kulturele grense uitdaag en verskuif.