Blog

7de Week in Koninkrykstyd

7de Week in Koninkrykstyd

Date: 2022-07-24

Lukas 11 : 1 – 13

Die fokusteks bestaan eintlik uit drie dele, maar word deur die gemeenskaplike tema van gebed saamgebind.

Na Jesus se modelgebed(v2-4) volg twee gelykenisse van kontras, oftewel “hoeveel te meer”-gelykenisse. Daarin word tipiese menslike gedrag met dié van God gekontrasteer: Ons kan veel meer en veel beter van God verwag as ’n vriend (v5-8) of van ons aardse pa’s (v9-12)