Blog

8ste Week in Koninkrykstyd

8ste Week in Koninkrykstyd

Date: 2022-07-31

Lukas 12 : 13 –21

Met hierdie gelykenis krap Jesus diep aan ons waardestelsel . Hy herinner ons dat geld en besittings ons siel kan verarm en ons waardes skeef kan trek. Ons word gewaarsku teen gierigheid en ‘n egoïstiese beheptheid met ons eie sekerhede. Die man wat aan die begin met Jesus praat, wil hê Hy moet sy gierigheid regverdig. Gierigheid dring ons om enigiemand te verban as hulle moontlik iets wat “ons s’n” is, bedreig. Gierigheid is afgodery en maak gekke van ons wanneer dit ons oortuig om godsdienstige regverdiging vir ons arrogansie en hardvogtigehid uit te dink.