Blog

Sesde week in Paastyd

Sesde week in Paastyd

Date: 2019-05-26

Handelinge 16: 9-15

‘n Visioen lei vir Paulus en sy medewerkers na ‘n rivier in die stad Filippi. Daar vind hulle ‘n klompie vroue “wat daar bymekaar was” - voorbedag blykbaar — hoogs waarskynlik as “soekers” na God. Een van die God-soekers word deur God self gevind. Lidia en haar gesin kom tot geloof in die Here en word gedoop. Sy bied hierna ‘n veilige hawe vir Paulus –hulle aan.