Blog
Sewende week in Paastyd
Sewende week in Paastyd
Date: 2019-06-02
Psalm 97
Psalm 97 word beskou as 'n teofanie-psalm wat die Here se verskyning koppel aan natuurkragte en magte, soos weerligstrale, wolke en aardbewings. Die Psalm word 'n verbale getuienis oor God se heerskappy en koningskap. Die beskrywing van God is nie 'n blote intellektuele aktiwiteit nie, maar betrek die verbeelding van die hoorders. Die Psalm word ook beskou as 'n troonbestygingspsalm wat God se heerskappy vier en beskryf. Die Psalm beskryf die aard van God se heerskappy as regter en redder.