Blog

2016
All
Desember

Agste week in Koninkrykstyd

Agste week in Koninkrykstyd

Date: 2019-08-04

Hosea 11 : 1-11

Hosea 11 : 1-11 het die vorm van 'n hofgeding tussen God en sy kind(Israel). Die teks neem ons na die uittog uit Egipte en verwys na Israel se afgodery. In Kanaän-waar die afgodery plaasvind-verwerp Israel God se onvoorwaardelike liefde. Vers 6-7 kondig God se oordeel aan: Israel verdien die doodsvonnis. Ons sien in vers 8-9 God se liefde vir sy volk brand te sterk. Die rede vir hierdie liefde lê in God se karakter. Die einde is verrassend: Die Here kan Israel nie prysgee nie. Daar kom 'n nuwe begin vir God en sy volk.