Blog

Negende week in Koninkrykstyd

Negende week in Koninkrykstyd

Date: 2019-08-11

Hebreërs 11 : 1-3, 8-16

Hebreërs is eerder ’n preek as ’n brief met ’n pastorale bedoeling. Gelowiges wat in moeilike omstandighede verkeer (hulle is van hul besittings geplunder en sommige is in die tronk), word aangemoedig om te volhard. Hebreërs 10 moedig die gehoor aan om in geloof te volhard. Hoofstuk 11 verduidelik vervolgens wat geloof is. Die definisie hang nie in die lug nie. Dit word geïllustreer met voorbeelde uit die Ou Testament en hul eie tyd.