Blog

Agtiende week in Koninkrykstyd

Agtiende week in Koninkrykstyd

Date: 2019-10-13

Lukas 17 : 11-19

Tien Melaatse mans met oop wonde tref Jesus aan. Omdat die mense met melaatsheid oop wonde gehad het, was hulle volgens Joodse wette onrein en moes hulle uit die gemeenskap verwyder word. Genesing sou dus beteken die geneesde mans kan in die samelewing opgeneem word. Daarom stuur Jesus die mans na die priesters, wat hulle kon toelaat om weer deel te word van die samelewing vanuit hul afgesonderde lewe. Dit lyk asof nege van hulle(waarskynlik Joodse mans) hul gensesing as vanselfsprekend aanvaar. Die een Samaritaanprys God, draai om en gaan bedank Jesus.