Blog

Twintigste week in Koninkrykstyd

Twintigste week in Koninkrykstyd

Date: 2019-10-27

Lukas 18 : 9-14

Van een kant gesien, lees ons hier ‘n gelykenis oor gebed.Die gebed van die Fariseër is trots op homself gefokus.Hy vertel van al die goed wat hy doen en vra niks nie. Die gebed van die tollenaar is ‘n berouvolle pleit om genade. Sy gebed roep Psalm 51 op. Van ’n ander kant gesien, lees ons ‘n gelykenis oor wie deur God aangeneem word. Verrassend is dat nie die godsdienstige Fariseër nie, maar die tollenaar, wat as ‘n skelm verraaier van sy volksgenote beskou is, aangeneem word. Dit herinner aan die Reformasie se klem dat God deur genade alleen verlos.